Die jongste jaarverslag van die Raad op Mediese Skemas (RMS), wat al die finansiële inligting van mediese skemas versamel, toon die aantal lede en afhanklikes het met 0,4% tot 8,81 miljoen gestyg. Dis vergeleke met die vorige jaar se 8,78 miljoen.
Groot kommer heers omdat skemas se lidmaatskap nie groei nie.
Suid-Afrika se Wet op Mediese Skemas is van so ’n aard dat lede mekaar se siektelas help dra – daar word nie ’n onderskeiding gemaak met premies vir sieker mense nie.
Mediese skemas hoop om jonger mense te lok wat dan in wese kan help betaal aan die ouer mense in die skema se siektelas, maar dit gebeur nie.