Thembisa polisie-bevelvoerder Generaal Nick Sithole het bevestig dat vier mans in hegtenis geneem en in aanhouding is.
Die ‘bloulig-bende’ doen hulself na bewering voor as polisiemanne deur met ’n blou lig op hul voertuig se dak motoriste van die pad af te trek en dan voertuie te kaap. Hulle was al in verskeie dele van Pretoria aktief.
In September verlede jaar is drie vermeende bende-lede in Midrand aangekeer toe hulle veral vragmotors gekaap het.