Die geluid van brullende enjins het vroeg reeds vanaf die Oudtshoorn-ovaalbaan oor die dorp geëggo, daglange musiek op die oor van elke fynproewer.
Een van die klasse waarna vooraf uitgesien is, was die American Saloons. Pieta Victor was in 2004 die Suid-Afrikaanse kampioen in hierdie afdeling en het nie teleurgestel nie. Victor was eerste met Albert Olivier tweede en Ronnie Greyling in derde plek.
Die dag se wenners in elke klas as volg:
Ontwikkelingsklas: 1ste Juan van Rensburg, 2de André Fouché, 3de Cheré Dawson.
Heavy Metal: 1ste Jaco Snyman, 2de Corné Oosthuizen, 3de Mannetjies Davids.
Junior Hotrods: 1ste: Gert Meyer 2de: Kyle Huddlestone 3de: Christiaan Muller.
Midgets: 1ste Johan Möller, 2de Shaun Jordaan, 3de Anco Jordaan.
1660's: 1ste Tertius van Tonder, 2de Dirk Bosman, 3de Bertus vd Westhuizen.
2.1 Modified: 1ste Thysie Valentyn, 2de Hendricus Botha, 3de Ricardo Davey.
Hotrods: 1ste Hansie Moore, 2de Christo Kotzé, 3de Shaun Collins.

Pieta Victor na sy oorwinning in die V8 American Saloon klas. Foto: Peter Henning.