MOTORNUUS - Saterdagaand word die volgende rondte van die SWD Ovaalbaankampioenskappe op George se skougronde saam met die jaarlikse George-landbouskou aangebied.
Sowat 50 motors is reeds in die sewe klasse ingeskryf. Bekendes soos Bennie Greyling, Roy Bitzer en Lodewyk Lotz sal almal in die gemodifiseerde V8-klas deelneem.
George se heuwelren ster Juan van Rensburg sal ook daar wees en Izaan Keller is in dieselfde klas ingeskryf. Andre Fouche is daar met sy blou VW Polo, maar gaan ons Burger vd Westhuizen sien met sy vinnige VW Golf in die kompeterende 1660-klas?
Die hitsmotor- en 2.1-klas het ook reeds groot name onder die inskrywings - manne soos Henties de Villiers, Clive Meyer en Shawn Potgieter.
Program
Dirtcarts - 10:00
Motorfietse - 13:00
Trekkers - 15:00
Ovaalbaanmotors - 18:00
Wicus waag
Die groot verrassing is dat Wicus vd Merwe, seun van Tolla, ook Saterdag sy lyf renjaer gaan hou.
Vir meer inligting skakel 082 920 6447 of besoek www.georgemotorclub.com vir al die inskrywings in die verskillende klasse.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'