OUDTSHOORN NUUS - Rudi van Dyk het in Oktober die stoel as handelaarshoof van Oudtshoorn Ford ingeneem.
Volgens hom is hy baie opgewonde oor die vooruitsigte in sy nuwe pos en sien hy daarna uit om met die span van Ford saam te werk.
Hy beklee die pos nadat die vorige handelaarshoof, Pieter Nel, besluit het om hom as produkspesialis op kliënte toe te spits.
Van Dyk het meer as 13 jaar ervaring in die motorbedryf en was vir etlike jare in Botswana voordat hy na Oudtshoorn verhuis het.
Hy wou nie te veel sê oor sy strategieë vorentoe nie, maar het na die bouwerk wat tans op die perseel plaasvind, verwys en gesê die onderneming gaan 'n groot gedaanteverwisseling ondergaan wat onder andere 'n 24 uur dienswinkel in die vooruitsig stel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'