OUDTSHOORN NUUS - Die 27ste Richard Griessen Repairs Klein Karoo Kampioenskappe vind Saterdag 14 Julie op die Arnold de Jager-ovaalbaan plaas.
Dirk van der Westhuizen, voorsitter van die Oudtshoorn-motorklub, sê daar is 138 renmotors in 10 klasse ingeskryf. "Ons verwag 2 500 toeskouers van sover as Walvisbaai."
Die deelnemers wat die vêrste reis is Charlie en Arista Rothman van Rustenburg wat beide in die agtsilinderklas ingeskryf is.
Die renjaers ding mee om 'n volstruiseier-trofee. Daar is wedren net vir vroue waar hulle om 'n pienk volstruiseier meeding.
Die motors kan vanaf 14:00 vandag, Vrydagmiddag 13 Julie, by Langenhoven Gimnasium besigtig word.
Op die dag van die wedren maak die hekke om 06:00 oop en die renne begin om 12:00.
Toegang is R80 vir volwassenes en R20 vir kinders.
In die wedren net vir vroue, ding hulle om 'n pienk volstruiseier mee.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'