Gallery
MOSSELBAAI MOTOR NUUS - Die opwindende nuwe Volkswagen Arteon is onlangs met geesdrif deur Volkswagen Mosselbaai aan hul klante bekend gestel. Die premium-gehalte motor kombineer 'n sportiewe voorkoms met die elegansie van 'n sedan en voltooi boonop die lopie van 0 tot 100 km in 'n blitsige 5,6 sekondes danksy die kragtige 206 kW wat die 2,9 TSI-enjin uitskop.
Die motor maak ook opslae met verskeie nuwighede wat tegnologie betref - gerief vir die bestuurder en veiligheid vir die passasiers.
Arteon is beskikbaar in twee hardwerkende en suinige enjins, voor- en agterwielaandrywing asook talle digitaal-beheerde kontroles.
Enkele hiervan is die aktiewe inligtingvertoonskerm, vertoon van belangrike inligting op die windskerm en 'n nuwe stelsel vir vermaak en konnektiwiteit vir passasiers.
Die Arteon's het 'n navigasiestelsel met padinligting, asook nuwe kopligbeheer wat deur die stuurstelsel ingelig word wanneer die motor 'n draai inry. Die lyn van die pad word dan belig net voor die bestuurder die kurwe volg.
Twee modelle is beskikbaar, "Elegance" en "R-Line" - die eerste meer op gerief ingestel en die tweede model vir die meer sportiewe bestuurder.
Die stilering word onderstreep deur dinamiese kleure waaronder nuwe skakerings van geel, blou en rooi wat self gesien moet word.
Binne is die voertuig ruim, met skoon ontwerplyne wat tot 'n doelgerigte kajuit bydra. Volkswagen maak hier ook aanspraak op die beste beenruimte in die voertuig se klas
Veiligheid is danksy spoedbeheer, 'n enjinkap wat blitsig sal lig in 'n botsing met 'n voetganger of fietsryer danksy 'n sensor. Hierdie meganisme sal albei partye in die botsing help beskerm en die lugsakke sal ook ontplooi.
Arteon het ook parkeerkameras wat inligting oor die omgewing rondom op die skerm sal wys.
Die motor is beskikbaar in 'n TSI en TDI enjinweergawe wat turbo-aangejaag is. Albei enjins het vier silinders. Die dieselenjin lewer 130 kW en die TSI, 206 kW.
Standaard aan die motor is 'n vyf jaar of 90 000 km instandhoudingsplan en drie jaar of 120 000 km waarborg asook 'n twaalf jaar anti-korrosiewaarborg. Die diensinterval is elke 15 000 km.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'