GEORGE NEWS - Die jaarlikse Night of Champions wat elke jaar deur die George-motorklub net voor Kersfees aangebied word, het die jaar so 'n effe ander geur.
Die ovaalbaanbyeenkoms vind nou eerskomende Saterdagaand plaas, en nie oor twee aande soos in die verlede nie. 'n Konsert en die byeenkoms bots glo, wat die skuif genoodsaak het.
Sowat 60 motors is reeds in sewe klasse ingeskryf. As mens deur die inskrywings kyk, raak jy gou opgewonde.
Die name sluit in Festus Lindstrom met sy blitsige Audi A3 van Tygerberg in die Kaap, George se legendariese Neels van Rooyen met sy bekende groen VW Kewer, en Hendricus Botha se terugkeer gaan vir groot opwinding sorg.
In die V8-klas is Jannie van Nieuwenhuizen met sy vinnige Chev flexi op pad van Bloemfontein om die ware manne in die klas aan te vat.
Die gewilde Cross Cart-klas is ook deel van die byeenkoms. Gaan kyk hoe hardloop 'n klein pypkar met 'n warm motorfietsenjin in. Anthony Oudtshoorn bring drie 1000cc Cross carts na die byeenkoms.
Hulle lê die George-baan af in ongeveer 18 sekondes per rondte.
Renjaers van klubs in Kaapstad, Boland, Oos-Kaap en so ver as Bloemfontein het ingeskryf.
Die hekke open om 10:00 en die wedrenne begin om 18:00.
Toegang: volwassemes R80; kinders R30.
Hou jou kaartjie styf vas, want gelukstrekkings word gehou.
Vir navrae skakel Veronica op 082 920 6447 of besoek www.georgemotorclub.com en die Facebook-blad, SWD Oval Events vir meer inligting.