TUINROETE NUUS - Die Mossel Bay Wheels Gathering wat in 2016 vir die eerste keer aangebied is, het weer op Saterdag, 16 Desember in Heiderand plaasgevind.
Dirk van der Merwe, wat die projekorganiseerder is, het bevestig dat daar knap oor 'n 100 van die 127 inskrywings vanjaar opgedaag het om hulle spogvoertuie ten toon te stel.
Volgens Van der Merwe het die belangstelling geweldig gegroei sedert verlede jaar.
Ongelukkig het die reënbui Saterdagmiddag van die deelnemers met oop voertuie laat vertrek, ten einde skade aan hulle geliefde eiendom te verhoed.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'