OUDTSHOORN NUUS - Die 24-uur kiosk by Oudtshoorn Ford het verlede Saterdag partytjie gehou om hulle eerste verjaarsdag te vier.
In aanloop tot die verjaarsdag is 'n kompetisie geloods om 'n naam vir die winkel te kry.
Die wennaam wat uit talle inskrywings gekies is, is Sonvanger.
Die wenner, wat verkies om anoniem te bly, ontvang kontant en koopbewyse ter waarde van R1 000.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'