Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Ovaalbaanrenjaers het vir twee dae se groot opwinding in die Suid-Kaap gesorg.
Bykans sewentig renjaers het op 15 en 16 Junie in George en op Oudtshoorn-ovaalbane hul renvermoë te toon gestel. Hulle het in ses klasse, naamlik die SWD-ontwikkelingsklas, Heavy Metals, 2,1 liter, agtsilinders, 1 660-klas en hitsmotors meegeding.
Drie Oudtshoorniete, Burger van der Westhuizen, Werner Heunis en Corné Greeff het podiumposisies losgejaag.
Die wedrenne was deel van die Buffelsdrift The Best vs The Rest Hotrod Tour. Die eerste renne het Vrydag in George plaasgevind, gevolg deur die op Oudtshoorn.
Die wenners na beide renne:
SWD-ontwikkelingsklas
- Chris Etsebeth - Kaapstad
- Werner Heunis - Oudtshoorn
- Ivan Pitol - George
Heavy metals
- William Steyn - George
- Anton Pretorius - George
- Corné Oosthuizen - George
2.1 liter
- Burger van der Westhuizen - Oudtshoorn
- Christopher Burisch - George
- Alistair Simpson - George
Agtsilinders
- Lodewyk Lotz - George
- Johan Kuyler - George
- Bennie Greyling - George
1 660-klas
- Juan van Rensburg - George
- Wayne Skinner – George
- Corné Greeff – Oudtshoorn
Hitsmotors:
- Tyron Els - Tygerberg
- Shaun Potgieter - George
- Raniel Koegelenberg - Tygerberg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'