MOTORNUUS - Hier is 'n lys goeters en katoeters wat enige pa se hart hierdie Vadersdag, Sondag, 16 Junie, vuurwarm sal laat klop.
Selfoonhouer
As pa 'n motor bestuur wat nie 'n handvry-selfoonsisteem het nie, is dit 'n goeie idee om vir hom 'n handvry-selfoontoestel te koop. Dit is veral handig as hy graag na die GPS kyk.
Paneelkissie-organiseerder
Is die paneelkissie van jou pa se motor baie deurmekaar? Dan het hy 'n panneelkissieorganiseerder nodig. Alles wat gewoonlik so rondlê in die paneelkissie soos penne, besigheidskaartjies, registrasie- en versekeringsdokumente, kan alles netjies in 'n panneelkissieorganiseerder gebêre word.
Digitale banddrukmeter
Nog 'n goeie geskenk is 'n digitale banddrukmeter. Hierdie meter kan baie vining en akkuraat jou motor se banddruk meet.
Digitale banddrukmeter.
'n Noodkissie
'n Noodkissie 'n goeie omgeegeskenk. As jou pa in enige nood verkeer en sy motor dalk langs die pad gaan staan, kan hy hierin iets vind om hom tydens sy motor-nood te help.
Motorstofsuier
Kry vir jou pa 'n geskenk waarmee hy sy motor kan skoon hou. Dit is altyd moeilik om die huis se stofsuier motor toe te sleep. 'n 12 Volt-stofsuier kan sommer in die kar gebêre word.
As iemand grond intrap of die hond los hare in die motor, kan dit onmiddellik opgesuig word.
Paneelbordkamera (Dashcam)
'n Paneelbordkamera is ook altyd 'n lekker speelding vir pa's. Jou pa kan hierdie kamera gebruik om op te neem watter mal goed die mense op die pad aanvang. Hy kan ook sy roete opneem en dit kan help vir verseke-rings-doel-eindes as iemand in hom vasry.
Paneelbordkamera.
'n Slim voorruit
'n Hoogs tegnolo-giese katoeter is 'n heads up display toestel wat inligting oor die spoed en ander dinge teen die voorruit van die kar projekteer. Dit maak dit maklik om te sien. Enige ou motor kan so bietjie tegnologies hiermee "opgegradeer word".
Truratkamera
Baie mense sukkel om agter hulle te sien en talle goedkoper of ouer motors het nie 'n truratkamera nie. Jy kan dus vir jou pa 'n truratkamera koop en laat installeer.
Dit sal hom gelukkig maak. Dit maak dit maklik om agter jou te sien sonder om jou lyf en kop te draai.
Batterylaaier Motorbatterye het die gewoonte om jou op die onmoontlikste tye in die steek te laat. Iets wat enige pa nodig het is 'n battery-laaier en oorleikabels. Met hierdie toestel kan jy die motor aanskakel as die battery pap is en daar niemand byderhand is om te help nie.
Bluetooth-toestel
As jou pa se motor nog nie Bluetooth het nie, kan jy vir hom 'n bluetooth-toestel koop. Met hierdie toestel kan jy jou beste liedjies op jou foon luister en dit kan ook gebruik word as 'n handvryfoon.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'