OUDTSHOORN NUUS - Die familie van Elresia Claassen (Manho) (32), is erg bekommerd oor hul suster. Sy is afkomstig van Zoar en word sedert Vrydag 28 Junie vermis.
Volgens haar suster, Ezralene Claassen, het hulle haar Vrydagoggend laas gesien nadat sy onderweg was na Oudtshoorn vir 'n werksgeleentheid.
"Gewoonlik skakel sy ons om te sê sy is veilig, maar ons het sedertdien niks van haar gehoor nie. Die taxi waarmee sy gery het, het bevestig dat hulle haar by die Checkers-parkeerarea afgelaai het. Ons is baie bekommerd, en hoop sy is veilig. Haar vyf kinders, waaronder 'n eenjarige baba, is siek en soek hulle ma."
Claassen het aan Oudtshoorn Courant bevestig dat hulle dit wel by die plaaslike polisie aangemeld het, maar nog nie 'n amptelike saak oopgemaak het nie.
Enigiemand wat weet waar Claassen haar bevind kan haar suster by 072 867 9357 of 084 586 4647 kontak.
Oudtshoorn Courant het navraag gerig aan lt.kol. Malcolm Pojie, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, rakende die voorval. Inligting sal bygewerk word sodra dit ontvang is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’