OUDTSHOORN NUUS - Die UCCSA SA Sinode Young Adults het die afgelope naweek hul eerste konferensie by die Weyers Memorial United Congregational Kerk op Oudtshoorn aangebied.
Afgevaardigdes van onder meer die Noord-Kaap, Noordwes en Algoa het die byeenkoms, met die tema 'The train is moving', bygewoon. Bestuurslede van die UCCSA Outeniqua-streekraad was ook teenwoordig.
Die konferensie is Sondagoggend met 'n erediens afgesluit waartydens ds. Donald Moos die boodskap gebring het.
Hy het die jong volwassenes aange-moedig om agente van verandering te wees.
"Dit is belangrik dat die Young Adults verandering bring oral waar hulle gaan; anders sal die trein nie beweeg nie," het hy gesê.
Die organisasie se sekretaresse, Olwethu Ncamiso van Algoa, het Moos en die gemeente van Weyers Memorial Kerk vir die gebruik van die kerk se fasiliteite en hul gasvryheid tydens die konferensie bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’