TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
trapsuutjies (trap-suut-jies) s.nw., trapsuutjiese. Ook trapsoetjies.
1 verkleurmannetjie: ’n Trapsuutjies se oë is stereoskopies en kan onafhanklik van mekaar en in teenoorgestelde rigtings draai om hulle omgewing vir vyande en prooi te fynkam (Bronberger, 23 Jul. 2019, E).
2 Iem. of iets wat baie stadig of tydsaam is: Waar bly daardie ou trapsuutjies van ’n Jonas? (W.M. de Villiers: En Nou Hoor U, 1943, 196).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’