TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
1paljas Ook soms baljas. I s.nw. Toorgoed wat veral gebruik word om ’n persoon teen sy of haar wil verlief te maak op die draer daarvan, of om iemand geestelik of liggaamlik af te takel; ook, (met mv. paljasse), bepaalde middel wat so gebruik word: Agapanthus ... is een van die baie inheemse plante wat ... as paljas en medisyne gebruik is (U. v.d. Spuy: Veldblommeboek, 1971, 145).
II ww., het gepaljas; byv. gepaljaste, gepaljas. Toor, gewoonlik met behulp van paljas, of iets in ’n paljas omskep: Ramis ... (het) hom gepaljas ... en volgens wat hy my vertel het, was daar iets met torre in die saak te doen (C.L. Leipoldt in Huisgenoot, 2 Des. 1927, 69).
2paljas s.nw., paljasse. (minder gebruiklik) Nar: André (kyk) na twee groot reklameprente ... Op die een ... hou ’n paljas wat op ’n balie staan ’n hoepel met dun, geel papier beplak, op en ’n wit perd kom aangehardloop (J.J. Groeneweg: Gelukkige Swerwer2, 1940, 104). paljas'vertoning s.nw.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'