OUDTSHOORN NUUS - Die eind- en ander uitspeelwedstryde in die Wêreld Meesters Tenniskampioenskap in Turkeye waaraan twee Oudtshoorniete, Garnett Wicomb en Elmarie Lategan deelneem, word vandag gespeel.
Die 80+ span waarvan Elmarie Lategan die kaptein is, speel teen Australië om die derde en vierde plekke.
Die SA 75+ span waarvan Garnett Wicomb lid, is kon nie daarin slaag om n wedstryd te wen nie.
Volgens Wicomb was dit n nagmerrie om saam met nog n speler tans 85 om in n jonger groep (75+) te speel en dit teen spelers wat gereeld op kleibane speel.
" Dit bly egter n wonderlike ondervinding om in so n groot toernooi te speel met 26 lande, 120 spanne en by die 500 spelers.Dankie aan almal wat n bydrae gelewer het om dit moontlik te maak."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’