OUDTSHOORN NUUS - Sterk wind in die omgewing tussen Matjiesrivier en Schoemanshoek het plase, toerisme aantreklikhede en huise sonder elektrisiteit gelaat vir vannag.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder vir die Oudtshoorn-munisipaliteit, sê die wind het 'n kragpaal omgewaai.
"Herstelwerk sal eers môre (Dinsdag 5 September) gedoen kan word, weens die feit dat die beskadigde paal en kragvoorsieningsarea in 'n onbereikbare plek is om vannag te herstel."
Mangqwengqwe het namens die munisipaliteit omverskoning gevra vir die ongerief.
Die Kango-grotte is ook geaffekteer deur die kragonderbreking.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'