OUDTSHOORN NUUS - Andrew Wilson het Vrydagaand, 21 Februarie, sy boek, The Fourth Boy, wat deur Karavan Press gedruk is bekendgestel by die Tuinateljee in Calitzdorp vir genooide gaste en boekliefhebbers.
Die boek speel af in Oudtshoorn in die 1940's en 1980's en handel oor 'n fiktiewe joernalis, Grant Asher wat op sy ma sy sterfbed uitvind sy pa, wie hy nie, geken het nie is homoseksueel, asook 'n Jood.
Hy besluit om sy pa op te spoor wat hom na Oudtshoorn neem net om uit te vind sy pa is vermoor. Na die nuus besluit hy om meer uit te vind oor sy pa se moord.
Die navorsing laat hom glo dat daar 'n reeksmoordenaar doenig is in die Karoo.
'n Reeksmoordenaar wat veral fokus op mense wat deel uitgemaak het van die 500 Poolse Joodse weeskinders wat vanuit Siberia in Rusland na Suid-Afrika toe gestuur is in die 1940's.
Karina Szczurek, die uitgewer is kinderlik opgewonde oor die publikasie en noem dat Wilson 'n merkwaardige skrywer is wat meesterlik 'n storie so geskryf het dat dit dadelik die leser intrek. "Dit is 'n storie van liefde, verlies en verraad. Die teerheid waarmee Wilson die verhouding tussen liefde en vriendskap uitbeeld is uitsonderlik en meesterlik geskryf."
Na afloop van 'n kort voorlesing uit die boek het gaste met 'n glasie wyn en ligte eetgoed gekuier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’