OUDTSHOORN NUUS - Familie van Willem Potgieter (59) soek steeds na hom nadat hy as vermis aangemeld is. Hy is op Saterdag 22 Februarie 2025 ongeveer 09:00 vir die laaste keer opgemerk in Blomnek buite De Rust.
Potgieter is nou byna 'n jaar vermis.
Hy het ’n mostertkleurige T-hemp, swart denimbroek en swart Crocs aangehad. Potgieter het ’n kaal kop met ’n grys baard, bruin oë, is klein gebou en 1,55 m lank. Sy woonadres is Alwynstraat 151 in Blomnek.
Enige persoon wat inligting het of weet waar hy hom bevind kan kontak maak met De Rust-polisie by 044 241 88 00 of die De Rust-sektor kontak by 079 894 1390 of alternatief Lee-Ann Potgieter by 081 029 3353.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’