Vanjaar se saamtrek was die tiende een en word ten bate van liefdadigheid aangebied. Die Garden Route Ulysses-motorfietsklub bied jaarliks die saamtrek aan.
Ulysses is 'n wêreldwye motorfietsorganisasie vir motorfietsryers bo 40. Meer as 1 300 mense het die naweek by die Keurbooms Lagoon-karavaanpark saamgekom en gespog met hulle ysterperde en het Vrydagnag tot na 03:00 in die groot tent gekuier en gedans.
Ten spyte van reën en koue het die klomp motorfietsryers selfs Saterdagaand tot lank na middernag feesgevier.
Die meeste motorfietsryers het vanaf die Suid-Kaap en Port Elizabeth gekom, maar daar was ook 'n hele aantal wat vanaf Kaapstad en selfs Johannesburg en Durban gery het.
Twee gelukkige mense het onderskeidelik weggestap met prysgeld van R10 000 en R50 000 nadat hulle nommers tydens 'n gelukstrekking Saterdagaand getrek is.
Die manne het laat Vrydagmiddag in Plett kamp opgeslaan nadat hule vroeg die oggend uit Oudtshoon weg is en met agterpaaie oor Avontuur, De Vlugt en Knysna gery het. Soos al die ander feesgangers moes hulle Sondagoggend hewige rukwinde op die motorfietse trotseer op pad huis toe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'