OUDTSHOORN NUUS - 'n Deurry-herdenkingsdiens sal môre om 12:00 vir Donovan le Roux, ‘n wetstoepasser van die Oudtshoorn-munisipaliteit, by sy huis te Elandstraat 1356 gehou word.
Le Roux is Saterdag in die George-hospitaal aan Covid-19 oorlede.
Hy is die tweede personeellid van die Oudtshoorn-munisipaliteit wat aan Covid-19 sterf.
Le Roux het in Februarie 2013 by die munisipaliteit begin werk.
Patrick Jordaan, hoof van die verkeersdepartement en wetstoepassers, het in 'n verklaring gesê Le Roux is op 25 Augustus in die George-hospitaal opgeneem na hy gesê het dat hy nie lekker voel nie.
"Sy dood is 'n geweldige verlies vir die munisipaliteit en die wetstoepassers. Ons het 'n betroubare, eerlike persoon met 'n fantastiese karakter verloor. Hy was 'n ywerige werker en sy kollegas het sy beskeie persoonlikheid bewonder," het Jordaan gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'