WES-KAAP NUUS - Die Wes-Kaapse matriekklas van 2023 het die matriekslaagsyfer weereens verhoog.
Luidens 'n verklaring van Kerry Mauchline, woordvoerder van minister David Maynier, Wes-Kaapse minister van onderwys, het die slaagsyfer met 81,54% verhoog ten spyte van 'n buitengewoon uitdagende jaar.
"Elkeen van ons 50 520 kandidate wat geslaag het, het aan die vereistes voldoen om toegang tot hoër onderwys te kry, met 26 182 kandidate (42,2%) wat met 'n baccalaureusgraad kwalifiseer om universiteit by te woon, ons hoogste getal baccalaureusgraad ooit," sê Mauchline.
Luidens die verklaring het die Wes-Kaapse kandidate die top wiskunde slaagsyfer met 75,4% behaal, en die top fisiese wetenskappe slaagsyfer met 82,2%.
"Dit is kritieke onderwerpe vir die nasionale en provinsiale ekonomie, so ons is bly om verbeterings in beide te sien vergeleke met 2022. Ons het ook die tweede hoogste onderskeidingskoers, met 24 982 vakonderskeidings wat aan kandidate in die Wes-Kaap toegeken is."
Hou Oudtshoorn Courant se Facebook en webtuiste dop om te sien hoe die streek se 2023-matrieks gevaar het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’