OUDTSHOORN NUUS - Die omgewingsgesondheidspraktisyns van die Tuin Roete-distriksmunisipaliteit se Klein-Karoo gesondheidskantore het onlangs 'n dramaproduksie ontwikkel wat ten doel het om bewusmaking oor gesondheid en higiëne, veral onder kinders, te skep.
Marlene Nqumse, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit sê statistiek van die gesondheidsdepartement het bewys dat baie siektes, soos diarree, waaraan kinders en volwassenes ly maklik gesond gemaak kan word deur basiese higiëne.
Die produksie was daarop gemik om goeie voedselveiligheidspraktyke te bevorder, die gemeenskap oor die oordra van kieme op te voed en hoe om nie kieme te versprei nie.
Die produksie, Food Security and Sustainability, het ongeveer 216 huishouding in die Hoeko, Ladismith en Dysselsdorp-areas geraak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'