Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man van Oudtshoorn is gisteraand op die toneel van 'n botsing in St Saviourstraat oorkant die gholfbaan dood.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, was die man en 'n passasier met St Saviourstraat vanuit Voortrekkerweg se rigting onderweg toe hulle Mercedes deur 'n aankomende Isuzu bakkie getref is.
Dit blyk dat die Isuzu op 'n draai links van die pad afgegaan en op die grondskouer beland het. Die bakkie het daarna terugeswenk, weer op die teer gekom, maar die aankomende Mercedes op die bestuurderskant getref.
Die bestuurder van die bakkie is per ambulans hospitaal toe geneem, maar haar beserings is nog nie bekend nie.
Die bestuurder van die Mercedes moes met meganiese toerusting uit die wrak van die Mercedes bevry word en hy is op die toneel dood verklaar. Die passasier het slegs 'n ligte besering opgedoen.
Die identiteit van die oorledene is nog nie deur die polisie bevestig nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'