OUDTSHOORN NUUS - Die goeie reën in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam het die damvlak sedert verlede week met meer as 10% laat styg.
Die damvlak is tans op 48%, maar die reën het ook die kwaliteit van die water nadelig beïnvloed.
Aangesien Oudtshoorn nog nooit oor ‘n watersuiweringstelsel beskik het nie en slegs op chloor staatmaak om water te suiwer, is drinkwater tans troebel as gevolg van onoplosbare materiaal wat deur die sterk reën in die dam beland het.
Inwoners word gemaan om water te kook voordat dit gedrink word.
Die veldbrande van verlede jaar en droogtetoestande wat tans heers vererger die probleem van onsuiwerhede wat in die waterstelsel beland.
Waterbeperkings geld steeds soos deur die munisipaliteit vasgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'