OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanoogend 'n kennisgewing uitgereik waarin hulle die water tekort in Oudtshoorn-Noord verduidelik.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, ervaar die hoërliggende gedeeltes van Noord tans tye met geen water of baie swak druk.
"Dit is a.g.v. die Ou-Oos Reservoir wat uit gebruik geneem is vir herstelwerk en die area word nou direk vanuit die hooftoevoerlyn vanaf die Raubenheimerdam gevoer. As daar dus in hierdie tyd enige probleme op die toevoer van die dam ondervind word, word die inwoners van hierdie area direk geraak omdat ons nie nou ‘n reservoir het om op staat te maak vir die stoor van water nie."
Volgens hom gaan die situasie voortduur tot die reservoir weer in gebruik geneem kan word wat eers in September 2020 sal wees.
"Die herstelwerk van op die reservoir sou vroeër voltooi word, maar a.g.v. die grendeltydperk is werk noodgedwonge vir twee maande vertraag."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'