OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit kondig 'n reeks belangrike projekte aan wat daarop gemik is om watervoorsiening, sanitasie en infrastruktuur regoor ons gemeenskap te verbeter. Met meer as R23 miljoen wat opsygesit is, sluit hierdie projekte die vervanging van ou waterpype, die opgradering van die sportterrein en die regmaak van paaie en stormwaterstelsels in.
Water en sanitasie opgradering
Nuwe pype
Die munisipaliteit belê meer as R15 miljoen om ou asbespype met moderne PVC-pype oor wyke 1, 2, 4, 6 en 8 te vervang.
Victoriastraat, Rademeyer- en Oostelikeweg in Parkweg: R4 793 100 word toegeken vir die vervanging van asbespype met PVC, gefinansier deur beide munisipale fondse en die departement van plaaslike regering (DLG).
Wyke 4, 6 & 8: 'n Addisionele R10 897 100 is geoormerk vir die vervanging van ou asbes/sementpype met PVC, gefinansier deur die munisipale infrastruktuurtoekenning (MIG).
Plattelandse waterstelsels
R2,5 miljoen sal gebruik word om nuwe waterstelsels in landelike gebiede, insluitend Buffelsdrift en De Hoop, te installeer. Hierdie projek word deur die munisipaliteit gefinansier.
Klein-Karoo watervoorsiening opgradering
Infrastruktuuropknapping en -opgraderings: R6 086 956.52 word toegeken vir die opgradering van waterinfrastruktuur wat deur die waterdienste-infrastruktuurtoelae (WSIG) gefinansier word. Wyke 2, 9, 10, 11 en 12 sal daarby baat vind.
Vervanging van meganiese toerusting: R500 000 is aangewys vir die vervanging van meganiese toerusting by behandelingswerke. Alle wyke sal baat vind.
Opvanggebiedbestuursplan: R300 000 sal bestee word aan die implementering van hierdie plan in die Raubenheimdam-opvanggebied.
Onderhoud
Waternetwerkherstelwerk: R3 miljoen word bewillig vir die herstel van gebarste pype, lekkasies en ander waternetwerkkwessies.
Rioolnetwerkherstelwerk: R1 miljoen word gewy om rioolverstoppings en herstelwerk aan te spreek.
Moontlike toekomsplanne:
Noodkragtoevoer
Die plan is om R20 miljoen in 'n noodkragtoevoer vir die KKRWSS te belê.
Nuwe pyplyn
'n Nuwe pypleiding word beplan om water van Rust & Vrede na Dysselsdorp en KKRWS oor te dra, met 'n geraamde koste van R100 miljoen.
Damuitbreiding
Die munisipaliteit wil ook 'n nuwe dam bou om waterberging te verbeter, teen 'n geraamde koste van R320 miljoen.
Blossoms Wellfield-ontwikkeling
R450 miljoen word vir die ontwikkeling van die Blossoms Wellfield beplan.
Pypnetwerkvervanging
'n Belegging van R420 miljoen word geprojekteer vir die vervanging van ou pype regoor die streek.
Landelike Waterdienste
Die uitbreiding van waterdienste na landelike gebiede sal na raming R15 miljoen verg.
Hidrokrag
Ons ondersoek die gebruik van hidrokrag om energie uit ons waterstelsels te benut, met koste wat gefinaliseer moet word.
Hierdie projekte is deurslaggewend om 'n betroubare en volhoubare watertoekoms vir al ons inwoners te verseker. Dit is egter belangrik om daarop te let dat baie van hierdie toekomstige projekte afhanklik is van die verkryging van die nodige befondsing. Met die huidige finansiële beperkings bly hulle in die beplanningstadium totdat bykomende hulpbronne verkry kan word.
Dit is die huidige watersituasie in die Groter Oudtshoorn en indien bogenoemde toekomstige projekte ondersoek gaan word, sal dit die toekomstige watersituasie wees.
Indien die toekomstige waterinfrastruktuurprojekte voltooi word, sal die totale waterbeskikbaarheid oor alle gebiede in die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit van die huidige 21.9 ml/dag tot 50.1 ml/dag toeneem. Hierdie aansienlike verbetering in waterbeskikbaarheid sal beter aan die streek se vraag voldoen en volhoubare groei en ontwikkeling ondersteun.
Strate, stormwater en ander kritieke opgradering
Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het meer as R23 miljoen aan noodsaaklike strate en stormwater- en ander infrastruktuurprojekte vir die 2024/20-boekjaar verbind. Hierdie belegging is daarop gemik om sleutelfasiliteite oor verskeie wyke op te gradeer en in stand te hou.
Kapitaal projekte
'n Gedeelte van die begroting, R15 373 826,89, is geoormerk vir kapitaalprojekte vir paaie, vervoer en stormwater. Dit sluit in:
Strate en stormwaterstelsels
Totale toewysing: R4 000 000 vir die rehabilitasie van strate en stormwaterstelsels in wyke 2, 3 en 7, befonds deur munisipale fondse.
Addisionele toewysing van R8 139 200 vir die tweede fase opgradering van paaie, stormwater en sypaadjies vir wyke 4, 5, 6, 8, en 12.
Provinsiale pad onderhoud
Totale toekenning: R190 000 vir die instandhouding van provinsiale hoofpaaie in wyke 2, 3 en 7, gefinansier deur die Wes-Kaapse Paaie Departement (WCRD).
Bedryfsuitgawes
Benewens kapitaalprojekte het die munisipaliteit R8 304 600 vir operasionele uitgawes bewillig.
Dit sluit in:
Pad- en straatonderhoud
R4 909 600 sal gebruik word om padherstelwerk regoor alle wyke aan te spreek, insluitend
• herstel van pyp gebarste padskade, en slaggate op groot paaie parallel met die Grobbelaarsrivier en dan die paaie wat die rivier kruis
• In Bridgton en Bongolethu sal gekonsentreer word op die groot deurpaaie en kruispaaie
• Daar sal ook op dringende gemeenskapsversoeke gefokus word as daar 'n onmiddellike bedreiging vir veiligheid is
• De Rust en Dysselsdorp het 'n toegewyde span wat padskade herstel weens pyp wat gebars het
Swaaibrug en sypaadjie opgradering
R100 000 word toegeken vir die Swaaibrug-onderhoud in wyke 2 en 3, en R795 000 sal sypaadjieherstelwerk in alle wyke finansier. Dit sluit ook herstelwerk in Olienhoutstraat, Swart Cressen en stormwaterstelsels in De Rust en Dysselsdorp in.
Hierdie inisiatiewe is deel van die voortdurende pogings om infrastruktuur in die Groter Oudtshoorn te verbeter. Terwyl sommige projekte reeds aan die gang is, sal ander binnekort begin, en toekomstige planne sal afhang van die verkryging van bykomende befondsing. Die munisipaliteit is daartoe verbind om 'n sterker, meer volhoubare toekoms vir Groter Oudtshoorn te bou en om voortgesette munisipale transformasie en ontwikkeling aan te dryf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’