Update
OUDTSHOORN NUUS - Uitslae van waterlesings wat die munisipaliteit by 4 verskillende punte in Oudtshoorn geneem het, is vanmiddag bekendgemaak.
Omdat die water troebel is as gevolg van onlangse reën, is die chlorinering van die water nie so doeltreffend soos dit behoort te wees nie.
Daar is dus besluit om die waterkwaliteit gereeld te toets.
Van die 4 punte wat getoets is, is daar by 3 punte geen teken van E.coli nie.
By die 4de punt, wat in die omgewing van Suid-Kaap Kollege is, is daar egter 'n lae E.coli-telling.
Inwoners word gemaan om as 'n voorsorg steeds water te kook voor dit ingeneem word.
Johan Uys, gehaltebestuurder by die Oudtshoorn-munisipaliteit se waterwerke, het vanmiddag gesê die uitslae van die toetse is vanmiddag deur die Eden-distriksmunisipaliteit bekendgemaak.
Lees verwante artikels:
• Opvolg: Troebel drinkwater
• Troebel drinkwater verduidelik
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'