OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het die afgelope week verskeie arrestasies vir die besit van gevaarlike wapens gemaak.
Adjudant-offisier Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê polisielede op patrollie in Bridgton het 'n persoon opgemerk wat vinniger begin loop het toe hy die vangwa sien.
Die man het 'n blink voorwerp uit sy broeksak gehaal en weggegooi. Die 30-jarige man het erken dat dit sy mes is en hy kon geen verduideliking gee hoekom die mes in sy besit was nie.
Tydens nog 'n arrestasie in Bongolethu het 'n persoon 'n panga in sy broek versteek. Die 34-jarige man is in Impalaweg agternagesit nadat hy weggehardloop het toe hy die vangwa sien. Die panga is in sy besit gekry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'