OUDTSHOORN NUUS - 'n 25-jarige man en 16-jarige seun het Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn na hulle verlede Saterdag vir handeldryf in wapens en ammunisie sonder 'n lisensie in hegtenis geneem is.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het Bramwill Wagenaar en die seun die wapen aan 'n polisiebeampte probeer verkoop.
"Die wapen is 'n .38-rewolwer en daar is 15 patrone ook saam met die wapen gevind. Die transaksie het by die Pick n Pay-parkeerarea plaasgevind. Die vuurwapen kan nie met enige skietvoorvalle verbind word nie. Die polisie is steeds besig met die ondersoek," het hy gesê.
Die saak is na volgende maand vir verdere ondersoek uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'