OUDTSHOORN NUUS - Die publiek word hiermee ingelig dat daar 'n kritiese situasie is met betrekking tot die water in ons kanaalstelsel.
Ons versoek dringend dat geen persone gedurende die tyd van wateruitdeling naby aan of in die kanale sal beweeg of swem nie.
Wees Versigtig
Die veiligheid van ons gemeenskap is van die uiterste belang, en ons vra almal om die volgende voorsorgmaatreëls in ag te neem:
- Bly asseblief weg van die kanale tydens die uitdeel van water.
- Moedig kinders en tieners aan om veilig weg te bly van die waterareas.
- Indien u enige navrae of besorgdhede het, skakel asseblief die volgende nommer: 0832342711.
Ons waardeer u samewerking in hierdie saak, en ons sien daarna uit om 'n veilige en suksesvolle wateruitdeling te verseker.
Please be cautious
OUDTSHOORN NEWS - The public is hereby informed that there is a critical situation regarding the water in our canal system. We urgently request that no individuals should approach or swim near the canals during the water distribution.
The safety of our community is of utmost importance, and we ask everyone to observe the following precautions:
- Please stay away from the canals during the water distribution.
- Encourage children and teenagers to stay safely away from the water areas.
- If you have any inquiries or concerns, please call the following number: 0832342711.
We appreciate your cooperation in this matter, and we look forward to ensuring a safe and successful water distribution.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’