Update
ZOAR NUUS - Rushain Roodtman, die 5-jarige seuntjie wat op 23 Februarie in 'n rioolsuiweringsdam verdrink het, is die afgelope naweek begrawe.
Hy het volgens sy ma, Maria, sy skape wat daar gewei het, gaan haal om huis toe te bring toe hy gegly en verdrink het.
Pastoor Lionel Rose het die diens by die RMI-kerk gelei en Rushain se maats het sy spierwit kissie na die wagtende lykswa gedra.
"Ant Maria, indien jou trane vandag meer is as die afgelope week, mag jy maar huil. Om 'n kind te verloor is seker een van die pynlikste ervarings wat daar kan wees," het hy tydens die diens gesê.
Vorige artikel: Vyfjarige verdrink in riooldam
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Zoar, Klein Karoo nuus'