Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die polisie moes die afgelope 45 minute na vyf verskillende plekke haas om bomdreigemente op te volg.
Dit blyk dat 'n man die polisie se beheerkamer geskakel het met bewerings dat bomme by vyf verskilkende plekke geplaas is.
Die plekke is: Thusongsentrum, Binnelandse sake, Checkers, Shoprite en Suid-Kaap Kollege.
Polisielede met honde is tans by Suid-Kaap kollege nadat geen toestelle by die ander vier persele gevind is nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die polisie is tans in die kollege se geboue, maar het sover niks gevind nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'