OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep van meer as 20 vrywilligers het Woensdag moue opgerol vir die tweede skoonmaakdag van die #trashtag-projek.
Die maandelikse opruimingsaksie is die inisiatief van Trapsuutjies-projekte en die Oudtshoorn-besigheidskamer.
Die groep het 'n hele aantal leerders ingesluit wat die bosse by die kruising van Hoog- en Baron van Reedestraat ingevaar en opgeruim het.
Sakeondernemings en inwoners word genooi om op die tweede laaste Woensdag van elke maand 'n uur of twee af te staan om 'n voorafbepaalde area skoon te maak. Die area wat skoongemaak word, word sowat twee weke vooraf op sosiale media bekendgemaak.
Vir navrae oor die projek kontak Susan Botha van Trapsuutjies-projekte by 081 248 4979.
https://cms.groupeditors.com/img/7d7f8843-e8ec-49df-9e53-cb9aae047f2e.JPG
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'