OUDTSHOORN NUUS - Die Bongolethu Vrouevereniging van kerke in Oudtshoorn het Maandag 9 Augustus Vrouedag in die St John's Anglikaanse kerk gevier ter herdenking aan vroue van Bongolethu wat sedert Desember 2020 hul lewens weens Covid-19 verloor het.
Spesiale gedenkbekers is aan verteenwoordigers van twaalf families oorhandig wat 'n moeder in dié tyd aan die dood afgestaan het.
Volgens Pastoor Gladys George, president van die vereniging, is op die geleentheid besluit omdat dit in die tyd van Covid-19-
regulasies nie vir almal moontlik is om die begrafnisse by te woon of persoonlik met families te kan simpatiseer nie.
Gebede is gedoen vir alle gesondheids-werkers in die voorste linies sowel as vir die families wat geliefdes aan die dood afgestaan het.
Kerse is ook aangesteek ter herdenking aan die oorledenes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'