Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - ‘n 51-jarige vrou van Oudtshoorn se familie is rasend van bekommernis na sy sedert gister vermis is.
Volgens Sarha Laverlot se man, Phillip, het sy gisteroggend tussen 07:00 en 08:00 op ‘n taxi geklim en sy is nooit weer daarna gesien nie.
“Sy is glo by Suid-Kaap Kollege afgelaai, maar niemand het haar nog daarna gesien nie.”
Laverlot sê sy het ‘n swart rok met ‘n pers/pienk bloes en pienk serp aangehad toe sy vermis geraak het.
“Sy is effens deurmekaar as gevolg van ‘n siekte waaraan sy ly.
"Ons het die saak by die polisie aangemeld en het al self oral na haar gesoek, maar kon haar nog nêrens kry nie.”
Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind kan haar ma by 063 2008 883 skakel.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'