Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou (47) van Kliplokasie, Volmoed buite Oudtshoorn is vanoggend in haar Wendy-huis dood toe die struktuur aan die brand geraak het.
Volgens 'n geskokte Jakob Ruiters was sy vrou, Lorraine, en twee van hulle kinders in twee strukture op die erf. Hy en hulle een dogter was by Paardebont waar hulle op n plaas werk.
"Iemand het ons vanoggend drieuur op die plaas kom haal en gesê Lorraine is dood in 'n brand."
Volgens hom het hulle seun (14) en nog 'n dogter (25) in 'n opslaanhut langs die Wendy-huis geslaap toe hulle bewus geraak het van die brand. Hulle kon daarin slaag om te ontsnap voordat hulle gedeelte ook in vlamme gehul is.
Bure het probeer om die brand te blus, maar die hoërliggende deel van Kliplokasie het byna geen waterdruk nie en sommige krane is droog.
"Daar was niks wat iemand kon doen om my vrou te red nie, en ons het drie weke terug hierheen gekom om n blyplek te kry, het Jakob vanoggend op die toneel gesê.
Sy werkgewer was ook op die toneel om hom te ondersteun.
Kyk 'n video hieronder.
Jakob Ruiters by die oorblyfsels van die struktuur waar sy vrou dood is. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'