Update
CALITZDORP NUUS - Rumano Volmink, die 34-jarige man wat die afgelope naweek in Calitzdorp vermoor is, se dood het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
Volgens sy suster, die bekende skrywer en polisiebeampte in Calitzdorp, AnnMaree Barry, is sy vrou vir sy moord in hegtenis geneem.
"Ons weet nie presies wat gebeur het nie. Ek weet net dat hy gesteek is. Die hele gebeurtenis maak nie vir ons sin nie."
Volgens haar het die vrou Maandag in die hof verskyn, maar is vrygelaat.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisie-woordvoerder, het gesê die voorval het om 19:45 in 9de Laan, Bergsig plaasgevind.
"Daar word beweer dat die man en vrou met mekaar baklei het, waarna die vrou die man met 'n mes gesteek het. Die slagoffer is in die bors gesteek en is op die toneel dood verklaar."
Die ondersoek duur voort.
Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.
Vorige artikel: 34-jarige in Calitzdorp vermoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’