DYSSELSDORP NUUS - Die saak teen ‘n vrou van Dysselsdorp wat van moord op haar pasgebore seuntjie aangekla word, is Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof vir die slotargumente en uitspraak tot later die maand uitgestel.
Die staat voer aan dat Haroldene Korkee (42) op 15 Oktober 2016 na erge pyne in ‘n toilet gekraam en die baba glo versmoor het.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het na Korkee se getuienis die staat en die verdediging gevra om hul betoë op skrif te stel en dit aan haar te besorg voor 24 Februarie wanneer sy uitspraak sal lewer.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'