Update Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - 'n Vrou is met ernstige hoof- en inwendige beserings per helikopter George toe geneem na 'n botsing tussen George en Oudtshoorn.
Nog ses mense waaronder 'n kind, is beseer toe die agterband van 'n Toyota Avanza gebars en die voertuig gerol het. Die bestuurder is nie beseer nie, maar was getraumatiseer na die botsing.
Die beseerdes is familielede wat van George na Beaufort-Wes onderweg was na 'n kort vakansie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Motor rol op George-pad
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'