Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Groep studente van Suid-Kaap Kollege in Adderleystraat is besig met 'n vreedsame betoging voor die kollege-gebou.
Volgens die studente is daar beurse wat nie uit betaal het nie en is daar ook onregverdige behandeling op kampus.
Die studente sê klasroosters verander sonder hulle medewete en mis hulle soms klas omdat die rooster verander.
Weens die veranderde roosters het die studente dus nie genoeg klas bygewoon om eksamens te kan skryf nie.
Die studente sê die opedag wat vandag by die kollege moet wees sal nie plaasvind voordat die hoof van George se kampus nie met hulle gepraat het nie.
Meer inligting volg soos dit bekend is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'