Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - 'n Vragmotor met twee sleepwaens het vroeër vanaand in Voortrekkerweg omgeslaan.
Volgens mense op die toneel het die vragmotor in Voortrekkerweg afgekom en skielik na links geswaai. Hy het deur 'n tuinmuur geploeg en toe omgeslaan.
'n Boom en lamppaal het ook in die slag gebly. Die hele vrag blikkieskos moet eers afgelaai word voordat die herwinningsproses kan begin.
Die bestuurder is ongedeerd.
Kyk 3 video's hieronder:
Die hele vrag moet eers afgelaai word voordat die herwinningsproses kan begin.
'n Boom en lamppaal het ook in die slag gebly.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'