Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - 'n Vagmotor wat bourommel na die Oudtshoorn stortingsterrein vervoer, het vanoggend by die ingang na die stortingsterrein omgeslaan.
Die bestuurder is ongedeerd.
Die passasier is hospitaal toe met ligte beserings.
Volgens die bestuurder en omstanders het die vragmotor stadig gedraai toe die swaar vrag hom omtrek.
Die maatskappy vervoer die afgelope twee weke bourommel vanaf Knysna en Plettenbergbaai van geboue wat na die brand gesloop word.
Kyk 'n video hieronder.
Die bestuurder van die vragmotor het nie beserings opgedoen nie.
In reaksie op vrae ten opsigte van bourommel wat vanaf Knysna en Plettenbergbaai op die Oudtshoorn stortingsterrein gestort word, is vier vrae aan die munisipaliteit gestuur om te bevestig of die storting met goedkeuring van die munisipaliteit gedoen word en wat die finansiële impak op die dorp is. Daar is ook gevra of die Oudtshoorn vullisterrein genoeg plek het vir rommel vanaf ander dorpe.
FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'