OUDTSHOORN NUUS - Verskillende voorskoolsesentrums in Oudtshoorn het vanoggend 'n protesaksie by die Bridgton UCC kerk se sirkel geloods om hul misnoeë te kenne te gee met die regering se besluit om nie genoegsame fondse vir kleuterskole gedurende die inperking beskikbaar te stel nie.
Volgens die koördineerder van die groep, Suman Saartjie, beoog die minister van maatskaplike dienste, Lindiwe Zulu om fondse van 1,3 biljoen te allokeer vir die aanskaffing van oorhoofse projektors by kleuterskole.
Sumam is van mening dat hierdie fondse eerder gebruik kan word vir die beskerming van kleuterskool- opvoeders se salarisse.
"Vandat die regering die nasionale inperkingsreëls aangekondig het is kleuterskole reeds gesluit. Nêrens in die staatskoerante word daar eers melding gemaak van ons nie. Die subsidie wat ons tans ontvang is nie genoeg om ons opvoeders maandeliks te onderhou nie. Die feit dat ouers dat ook nie soos vroeër hul maandelikse fooie vir hul kleuters betaal nie vererger die situasie."
Suman sê dat verskeie e-posse reeds aan die relevante owerhede gestuur is sonder terugvoering.
Opvoeders van plaaslike voorskoolsesentrums betoog by Bridgton UCC kerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'