OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Onbekende man is gisteraand omstreeks 22:00 dood toe hy in Voortrekkerweg deur 'n motor getref is.
Die voorval het in die omgewing van Winston Linford Motors en Supa Quick plaasgevind.
Volgens kaptein Louis Visser is die polisie dringend op soek na enigiemand wat die oorledene kan identifiseer.
Volgens Visser is die ootledene 'n bruin man van ongeveer 25. Hy was geklee in 'n swart broek, 'n wit bostuk en wit sokkies.
Enigiemand met inligting word gevra om ao Willy Appolis by 079 894 1897 dringend te skakel.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'