Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 73-jarige vrou wat gister deur 'n ligte vragmotor in Voortrekkerweg getref is, is met veelvuldige beserings na MediClinic George oorgeplaas.
Volgens haar seun moet sy operasies ondergaan nadat sy 'n gebreekte enkel, vier gebreekte ribbes, 'n gekraakte bekken en harsingskudding opgedoen het.
Die ongeluk het gisteroggend gebeur toe die vrou en haar vriendin gaan stap het en die vrou haar skynbaar misgis het met die afstand van die aankomende voertuig toe sy die pad wou oorsteek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'