Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou van 73 is vanoggend MediClinic Klein Karoo toe geneem nadat sy deur 'n ligte vragmotor in Voortrekkerweg getref is.
Volgens die beseerde se vriendin van 79, stap hulle elke oggend.
Sy sê sy het die voertuig sien aankom en gewag, maar haar vriendin het oor die pad gestap en is toe deur die vragmotor getref.
Paramedici het die vrou op die toneel behandel. Sy het 'n fraktuur aan haar enkel opgedoen.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'