OUDTSHOORN NUUSFLITS - Meer as 30 vliegtuie met ongeveer 50 besoekers het die afgelope naweek op die Oudtshoorn-lughawe geland vir 'n naweek se kampering by die lughawe.
Met Morné Jonker en Eugene de Villiers op die reëlingskomitee is die jare lange tradisie van 'n Fly In weer na 'n paar jaar se afwesigheid, herleef.
Jonker sê hy het dadelik aan die werk gespring om te verseker die Fly In is 'n sukses soos in die verlede.
"Ek het al my vliegvriende en vliegklubs geskakel en die woord versprei.
"Gelukkig het die weer mooi saamgespeel. Op die vliegveld se gronde is ’n gesellige atmosfeer geskep met tente wat opgeslaan is en gerieflike plek vir braai.
"Almal kon naby hul vliegtuie kamp en die naweek geniet."
Saterdagoggend het al die vliegtuie na Prins Albert gevlieg. Van die Prins Albert-lughawe is almal met 'n bussie na Dennehof vervoer om aan 'n smaaklike ontbyt te smul.
Dave Mandel se Chegiese L39 jet het vir groot vermaak die afgelope naweek op Oudtshoorn gesorg. Foto's verskaf
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'