OUDTSHOORN NUUS - 'n Vlaghysingseremonie is vanoggend ter viering van die bekende digter, CJ Langenhoven, by Arbeidsgenot gehou.
CJ Langenhoven is op 12 Augustus 1873 gebore en het op 15 Julie 1937 in sy woning op Oudtshoorn gesterf.
Leerders van Langenhoven Gimnasium sowel as Hoërskool Langenhoven op Riverdal het die seremonie bygewoon.
Die onderhoofleiers van Gimmies, Helena van Heerden en Gert Nel, het die vlag gehys en die hoofseun van Hoërskool Langenhoven, Johan Mostert, het 'n toespraak oor CJ Langenhoven gehou.
Vanaf 11:00 sal leerders van dié twee skole sowel as Hoërskool Oudtshoorn opvoerings oor Langenhoven se werke by Gimmies se skoolsaal hou.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'